Ir para o conteúdo principal

Psalm 114

Salmo aleatório

Vers 1
Toe Israel uit die Egipteland,
die land van 'n volk met 'n vreemde spraak,
getrek het, het God Juda
as sy ewige heiligdom gemaak
en Israel gemaak sy ryksgebied,
waaroor sy kroonsepter waak.